Back to map Maskam

Vredendal

Chairman / Voorsitter:
Willa van Niekerk (083 633 2992)
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 Algemene nuus
Maskam tak het op 6 Julie 2019 ‘n spanskietkompetisie aangebied met slegs 2 lede in ‘n span was. Elke spanlid moes senterslag, randslag, handwapen en haelgeweer skiet. Met die senterslag het elke spanlid vyf skote op ‘n jakkalsteiken op 228 meter geskiet; by randslag tien skote op ‘n jakkals teiken op 45 meter ; t en met handwapen elk 10 skote op ‘n jakkalsteiken op 15 meter. By die haelgeweer-skietoefening het elke skut vyf skote op vyf kleie gehad. Die punte van elke dissipline is omgewerk na 100 punte toe vir span wat dan die groot totaal op 400 gebring het.

Die idee was nie om dit té moeilik te maak nie en dat families en ondernemings onderling teen mekaar kon meeding. Die hele dag moes in ‘n gemaklike en ontspanne atmosfeer plaasvind, maar met veiligheid nie onderhandelbaar nie. ‘n Persoon was ook toegelaat om in verskillende spanne deel te neem, aangesien van skuts in gesinsverband wil deelneem maar ook vriende teen mekaar.

Altesaam 51 skuts in 26 spanne het ingeskryf. Saam met die besoekers was daar 64 mense. Vir ‘n jong en klein tak was dit ʼn baie goeie opkoms. Die lede het ook gevra dat dit ‘n jaarlikse instelling moet word wat gedurende skoolvakansie moet plaasvind.