Back to map Koukamma

Kareedouw

Chairman / Voorsitter:
Nico Herselman (082 441 2467)
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Algemeen / Taksake
Vyf taklede het op 1 April die jaarlikse Streekvergadering by Van Stadens bygewoon. Baie dankie vir die geleentheid.
Lede word versoek om hul profiel e-posadresse na te gaan vir korrektheid.
Gaan ook vuurwapenlisensies en bevoegdheidsertifikate na en doen betyds aansoek om hernuwing.

Skiet-en Jagsake

Koukamma-tak hou ‘n Posliga skietkompetisie te Witklip baan op 27 April. Almal is baie welkom.

Junior Opleiding
Koukamma-tak het op 30 Maart ‘n opleidingsdag vir juniors in die Suurveld aangebied. Fanie Kleu, Kevin Pretorius en Philip en Hanlie Gerber, asook Analie Powell het agt juniors uitgeneem op ‘n onvergeetlike dag van visvang vir swartbaars, vis en stokbrood middagete, teikenskiet en skietlesse en swem in die Kougarivier. Baie dankie aan elkeen wat bygedra het om hierdie dag ‘n groot sukses te maak.

Bewaring
Koukamma-tak se skilpadmonitering en ander bewaringsprojekte gaan voort. Skakel Christo Herselman indien u betrokke wil raak. 

 Program

27 April Posliga kompetisie by Witklip (.22; .22 bankrus en handwapen). 
18 Mei Kamdeboo-tak bied die President-, Intertak- en Gallery Rifle skietkompetisie by Kaapse Poortjie
29 Junie Tuinroete-tak bied die President-, Intertak- en Gallery Rifle skietkompetisie by On Target aan