Back to map Genl De La Rey

Lichtenburg

Chairman / Voorsitter:
Jors Swanepoel (083 643 2591)
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Website / Webwerf

Bestuur

Takvoorsitter: Jors Swanepoel
Ondervoorsitter:  Jacques de Wet
Sekretaris:  Gerda Swanepoel
Tesourier:  Riaan Kriel
Kommunikasiebeampte:  Gerda Swanepoel
Senior opleier:  Jaco Alberts
Junior opleier:  Yolanda Markram
Jagkoördineerder: Jaco Alberts
Skietkoördineerder:  Riaan Kriel
Bewaringskoördineerder:   John en Yolanda Markram
Sosiaal:  Hardus Coertze
Addisionele lid: Vic Callaghan

 

Algemene nuus

Genl. de la Rey-tak spits hom toe op die ontwikkeling van skiet en die opleiding van juniors. Ons bied skietdae aan wat hoofsaaklik borg-skietdae is en ons probeer om vir ons lede die skietdae so lekker moontlik te maak. Pretskiet geniet veral prioriteit op ons program. Genl. de la Rey-tak het in die afgelope paar jaar ook ‘n hele paar topskuts opgelewer. Ons is ‘n trotse klub, onderhou en verbeter ons skietbaan op ‘n maandelikse basis.

Skiet- en Jagaangeleenthede
Met die jagseisoen wat begin het, is baie van ons lede op die jagveld. Wees veilig en verantwoordelik.
Die jagseisoen is nou in volle swang. Ons hoop ons jagters jag lekker, verantwoordelik en veilig.
Ons NWK Kopskietkompetisie vind op 27 Oktober 2019 plaas. Die inskrywings stroom reeds in en ons 420 plekke vir hierdie kompetisie word weer opgeraap.

Jaco Alberts is aan die stuur van jagsake en trofeemeet. Lede kan hom gerus kontak vir enige navrae

Opleiding
Junior opleiding word een keer per maand op ‘n Vrydagmiddag aangebied. Alle juniors is welkom om hierdie geleenthede by te woon.
Inligting oor opleiding in toegewyde status is by die kantoor beskikbaar.

Bewaring
John en Yolanda Markram behartig bewaringsaktiwiteite en fokus veral op ons junior lede. Ons registreer dan ook hierdie maand ons Aasvoël-moniteringsprojek by die aasvoëlrestaurant. Indien daar nog lede is wat nie weet hoe om van hul karkasse ontslae te raak nie, onthou om ons te kontak om hierdie projek te ondersteun. Lede wat belangstel om deel te word van die projek op ‘n ander wyse word ook hartlik uitgenooi om deel daarvan te word.

Aktiwiteite
Aktiwiteite word deurentyd aangebied en lede word in kennis gestel. Kom neem gerus deel.

Program

6 Julie Semi-outomaties skietdag by Dirk van Schalkwyk-skietbaan
12 Julie Junior opleiding, Genl de le Rey klubhuis
13 Julie SAPSA Pistoolskietdag by Dirk van Schalkwyk-skietbaan
20 Julie Balkie-skietdag, Dirk van Schalkwyk-skietbaan
27 Julie Streek -haelgeweerskietkompetisie by Dirk van Schalkwyk-skietbaan
3 Augustus Genl de le Rey Multi-gun, Dirk van Schalkwyk-skietbaan
10 Augustus SAPSA Pistoolskietdag by Dirk van Schalkwyk-skietbaan
14 Augustus Algemene ledevergadering, Genl de la Rey klubhuis
17 Augustus Semi-outomaties skietdag by Dirk van Schalkwyk-skietbaan
24 Augustus Balkie-skietdag, Dirk van Schalkwyk-skietbaan
31 Augustus Opleiding: Pistool by Dirk van Schalkwyk-skietbaan