Back to map Duiker

Balfour

Chairman / Voorsitter:
Gerhard Harmse (084 206 4452)
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Bestuurskomitee

Voorsitter Gerhard Harmse 084 206 4452 
Ondervoorsitter Pieter de Villiers 082 895 8442
Tesourier Theo Pretorius  
Sekretaris Lemont Kriel  
Skietkoordineerder Chris du Plessis  
Senior opleider Pieter de Villiers 082 895 8442 
Junior opleier Ignatius Ellis  
Trofeebeampte Ruan Botha  
Bewaring Theo Pretorius  
Skietbaan Chris Diedericks  
Gekoopteerde lid Frikkie Botha  
Sosiaal Johan Viljoen  

 

2019 Maart skietdae

Dankie aan al die lede wat die takskiet op 13 April 2019 bygewoon het.
Baie geluk aan die volgende lede wat onder die eerste drie skuts was in handwapen posliga, randslag, senterslag, semi-outomaties 50 m en 100 m, rooibok met rus en jakkals skietoefeninge:
CN Krugel, FJ Botha, BJ Bezuidenhout, P de Villiers, JA Ungerer, M Botha, A Honiball, P Botha, CP Botha en Robbie Hall. 
Duiker-tak moedig lede aan om hulle gades en juniors saam te bring na takaktiwiteite en om as lede aan te sluit. Ons nooi nuwe lede aan om betrokke te raak .

Skietaangeleenthede

Duiker-takse volgende takskiet vind plaas op 11 Mei. Ons begin die oggend met 'n inskietgeleentheid waarna ons posligas, juniors en jaggebaseerde skietoefeninge aanbied. Besoekers is welkom. Ons nooi gades en juniors uit om te kom deel neem.

Duiker-tak bied op die 18 Mei ʼn wingshoot geleetheid aan. Slegs 15 spanne kan deelneem. Skakel gerus met ons ondervoorsitter, Pieter de Villiers, vir meer inligting.
Duiker-tak bied ook die “Safari Outdoor Gong Shoot” aan op 1 Junie 2019. Skakel asb. met ons takvoorsitter, Gerhard Harmse, vir meer inligting.

Die tak se jaarlikse Toyotaskiet vind op 24 Augustus 2019 plaas, en word geborg deur Nic Bottari Toyota en Savuti. Rig navrae aan Frikkie Botha.

Bemarking

Tak-hemde, -hoede en -handdoeke kan bestel word by Paulette

Opleiding

Dankie aan Gerhard wat altyd sy lapa beskikbaar stel aan die lede vir die aanbied van die kursusse. Veels geluk aan Gert Kriek, Phillip Cilliers, Chris van Rooyen, Robbie Hall en Phillip Kruger wat op 27 Maart die sportskietkursus voltooi en toegewyde status verwerf het. Herman Snyman het dit bygewoon om sy kennis te verfris. Ons moedig hierdie lede aan om aktief aan die aktiwiteite van ons vereniging deel te neem.

Bewaring
Duiker-tak het 20 inheemse bome laat aanplant om met stofbeheer in die Balfour-omgewing te help.

Program
18 Mei          Duiker-tak se wingshoot
1 Junie         Safari Outdoor Ghongskiet