Back to map Cheetah

Hertzogville

Chairman / Voorsitter:
Johan van Rensburg (082 374 7898)
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Ondervoorsitter: Pieter van den Berg 082 829 5153
Sekretaresse: Salomé van Rensburg 082 404 1686
Tesourier: Liesel de Kock 082 731 1308
Bewaring: Dr. Andre Janse van Rensburg 082 416 1789
Skietsake: Dries Steyn 083 388 8728
Opleiding: Rig navrae aan die voorsitter  
Penningmeester: Jenice van Huyssteen 076 984 2664

Algemeen

Die jagseisoen het uiteindelik aangebreek. Ek vertrou elkeen van julle het reeds ‘n jagplek bespreek. Ek en my vrou was gelukkig genoeg om sommer aan die begin van die jagseisoen te gaan jag. Dit was bitter lekker en die beste van als is ek het wildsvleis in die vrieskas. Ek glo en vertrou dat jou vuurwapen ingestel is en dat jy met hom geoefen het. Waar julle ook al gaan jag, wees verantwoordelik en wees veilig.
Teen die tyd wat julle hierdie taknuus lees, is ons Haelgeweer Intertakskiet ook verby. Baie dankie vir almal wat hard gewerk het.
Sien julle weer Juniemaand op Koppel se skietbaan. As my planne realiseer, gaan daar ‘n nuwe handwapen baan wees. Kom kyk gerus.

2019 Program vir skietaktwiteite 

25 Mei Intertak Haelgeweer by Betmar
22 Junie Cheetah skietdag by Koppel
13 Julie Skietdag by Bultfontein, Bloemhof
17 Augustus Nasionale Spanskiet
24 Augustus Cheetah Balkieskiet by Koppel
7 September Pienkskiet by Koppel
14 September Cheetah skiet by Bultfontein, Bloemhof
11 Oktober Algemene Jaarvergadering en Afsluiting
19 Oktober Cheetah skietdag by Koppel
1-2 November SAJWV-kongress
16 November Cheetah skietdag by Bultfontein, Bloemhof