Back to map Bloukrans

Vanderkloof,Luckhoff, Petrusville en Orania

Chairman / Voorsitter:
Rikus Stander (082 775 5480)
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Bestuurskomitee

Voorsitter Rikus Stander 082 775 5480 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Ondervoorsitter PS de Jager 082 376 0572 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Sekretaresse Mariezanne Lombaard 072 834 0055 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Tesourier Lili Schuurman 072 830 9386 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Kommunikasie Francois Cloete 082 618 8401 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Senior/junior opleier Fanie Botha 082 824 2798 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Skietkoördineerder Jan-Louis Lombaard 082 431 4998 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Jag/trofeekoördineerder Erik Pelser 063 771 5661 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Bewaringskoördineerder Derik Jooste 082 411 6605 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Addisionele lede Riaan Stander 082 384 5777 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
  Izak Malherbe 082 412 9776 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
  Dup Joubert 073 532 7565 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
  Dawie du Plessis 076 545 5589 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
       

Algemene inligting
Ons is almal baie dankbaar vir die wydverspreide reën wat goed geval het. Landboutoestande in ons omgewing het drasties verbeter, maar heelwat reën word nog benodig voor die winter.
Ons is bly om te kan rapporteer dat dit beter gaan met Derrik Jooste, wat aansterk na hospitalisasie. Ongelukkig het ons verneem dat een van ons ander lede, Johan Odendal, baie siek is, en dat hy op die oomblik chemoterapie ontvang. Baie sterkte en spoedige beterskap word die twee lede toegewens. Ons gelukwense ook aan Oom Daan Zaayman, wat nou onlangs 80 jaar oud geword het.

Skietaktiwiteite 
Op 26 Januarie het ons jagters en sportskuts aangetree vir die jaarlikse groeperingskiet. Die meeste skuts het goed gevaar en dit wil blyk of almal se gewere reg is vir die seisoen wat voorlê.
‘n Groot aantal lede het ook op 23 Februarie deelgeneem aan die Rooibok (sonder rus) skietoefening. Almal het dit baie geniet en goeie tellings was aan die orde van die dag. Daar is ook lekker gebraai en saam gekuier by die skietbaan, na afloop van die skietoefening.
Op 23 Februarie het ons junior lede aan ‘n skietaktiwiteit deelgeneem. ‘n Baan is opgestel waar hulle onder die wakende oog van ‘n baanoffisier met BB Guns kon skiet. Die doel van hierdie skietoefening was om wapen- en baanveiligheid by hulle in te skerp. Alle SAJWV-skietbaanreëls en -bevele was ook van toepassing tydens hierdie skietgeleentheid. Die Junior skuts is een vir een deur die baanoffisier vergesel op die baan, tydens die skietoefening. Howel hulle punte kon aanteken, was die klem op die nakoming van alle veiligheidsaspekte voor, tydens en na so ‘n skietoefening. Dit was volgens die ouers en kinders ‘n aangename en leersame ervaring. Soortgelyke geleenthede sal beslis weer in die toekoms aangebied word. Ons dank aan Riaan Stander wat leiding geneem het in die verband.
Skietresultate van bogenoemde byeenkomste is van die takkantoor beskikbaar.

Opleiding
Daar is groot belangstelling onder ons lede in SA Jagters se nuwe Multidissiplinêre Sportskiet (MDS). Heelwat van ons lede stel dan ook belanq om ‘n MDS inleidingskursus by te woon en daarion het ons besluit om so n kursus aan te bied by The Farm Skietbaan, tussen Orania en Hopetown). ’n Datum vir die kursus sal bekend gemaak word, sodra alle belangstellendes eers hulle SAJWV baanoffisierskursus voltooi het.

Bewaring
Verskeie van ons lede werk saam met Birdlife South Africa aan ‘n projek om sekretarisvoëlkuikens wat hier in ons omgewing uitbroei, te ring. Ons doel is egter om as SAJWV-tak, ook betrokke te raak by een of ander bewaringsprojek hier in ons omgewing. Verskillende moontlike projekte word tans ondersoek.

Program 2019

23-Feb Skietdag: Rooibok met rus Bloukrans-skietbaan
30 Maart Skietdag: Vlakte en Bosveld Bloukrans-skietbaan
13 Maart Skietdag: Vlakvark Bloukrans-skietbaan
18 Mei Posliga, handwapen en semi-outo The Farm, Hopetown
24-Aug .22 Randslag Bloukrans-skietbaan
07-Sep Veldskiet Bloukrans-skietbaan
28 en 29 Sept Jeugnaweek Bloukrans-skietbaan
19 Oktober Prysuitdeling Bloukrans-skietbaan