Back to map Bergrivier

Piketberg

Chairman / Voorsitter:
André Kennedy (083 289 6524)
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 Algemeen

SA Jgters Bergrivier-tak die jongste toevoeging tot SA Jagters

Verskeie van ons huidige Bergrivier-tak se lede het lankal reeds aan verskillende verenigings behoort, maar het een gemeenskaplike behoefte gehad - om ons eie, naby skietplekkie te besit. Ons het vyf jaar gelede ‘n veilige terrein naby die dorp gevind wat wel vir so doel aangewend kon word. Hier waar ons ladings kon uitwerk en verstellings kon maak of net om vinnig ‘n paar skote te kon skiet. So gaaf en bereidwillig was Petrie Smith, ‘n plaaslike boer van Meintjieskraal, om sy grond aan ons beskikbaar te stel vir hierdie doel en aanvraag.

Die nederige skietbaan het tot stand gekom in samewerking met SA Jag Bergrivier en was gou ‘n gewilde skietplek vir enige skut in die dorp asook omliggende gebiede. Die baan is na die tak vernoem en by NRCS geregistreer. Hierdie skietbaan is in ‘n omgewing wat natuurlike jag lekker naboots en as teiken skietbaan ook tot sy reg kom.

Vandag kan die nuutste toevoeging van SA Jag Bergrivier Tak (no: 80) met sy groeiende ledetal, hulself maandeliks uitleef op ‘n veilige 700m skietbaan. Hierdie tak beywer homself daarvoor om met ‘n gunstige atmosfeer die families te betrek asook om vroue en en juniors die kans te bied om hul slag te toon en te ontwikkel. Die kompetisie kan warm raak omdat ons nou maar eenmaal ‘n kompeterende nasie is. Juis, waarvoor ons ope skietdae aanbied, wat sogenaamde “borgdae” genoem, word. Dit gee die topskuts weer kans om hul slag by Bergrivier-tak te wys. Alle dank aan die SA Jag Bergrivier-tak se bestuur wat hul onbaatsugtige toewyding aangebied het om ‘n bydrae te lewer, sodat ons nog ‘n tak kon stig vir ons nageslag.